Wol benodig vir palmpoppie-projek

GEBREIDE palmpoppies vir kinderslagoffers van seksuele misdade of mishandeling, is een van die projekte wat die vroue van die VLV Carpe Diem-tak die jaar gaan aanpak.


GEBREIDE palmpoppies vir kinderslagoffers van seksuele misdade of mishandeling, is een van die projekte wat die vroue van die VLV Carpe Diem-tak die jaar gaan aanpak.

“Ons noem dit palmpoppies, want ’n kind kan so ’n poppie in die palm van sy of haar hand vashou,” sê Marietjie van der Walt van die Vroue Landbouvereniging Carpe Diem-tak.

Die vroue se mikpunt is om 85 van dié poppies te brei. Hiervoor het hulle genoeg wol nodig en doen daarom ’n beroep op die publiek om oorskietwol vir die projek te skenk.

“Ons gaan spesifiek 85 poppies brei omdat dit vanjaar VLV Kaapland se 85ste bestaansjaar is,” sê Van der Walt.

Volgens Van der Walt gaan die palmpoppies onder meer aan die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe geskenk word.

  • Vir meer inligting of om wolskenkings te maak bel Laurinda Sansom by 041 933 4403 of 082 974 4780. -HEILIE COMBRINCK

You need to be Logged In to leave a comment.