KOSSE te kies en keur en heerlike tuisgebroude gemmerbier is op die spyskaart van die jaarlikse Voedsel & Gemmerbierfees wat deur NGK Despatch-Suid op die dorp aangebied word.
Feesgangers kan môre-aand (Vrydag 26 Oktober) vanaf 18:00 ‘n draai by die fees gaan maak in die kerksaal op die hoek van Kerk- en Kromstraat.
Daar word verskillende disse voorgesit teen R5 per porsie en die gemmerbier is R5 per glas. Saam met die etery gaan daar twee kunstenaars optree en ’n Noot vir Noot musiekspeletjie gaan aangebied word. Deelname is ook R5 per persoon.
Die publiek word uitgenooi om saam met ou vriende te kom kuier en ook nuwe vriende te ontmoet by die Voedsel & Gemmerbierfees.