VLV sê ‘dankie vir doppies’

PLASTIEK is die grootste vernietiger van seelewe in oseane wêreldwyd en een van die grootste besoedelings op aarde.


PLASTIEK is die grootste vernietiger van seelewe in oseane wêreldwyd en een van die grootste besoedelings op aarde.

Daarom is Ruim op! vanjaar die projektema van VLV Kaapland met die doel om die gevare van besoedeling teen te werk en herwinnings- projekte te ondersteun.

Die plastiek-sondebokke is veral koeldrankdoppies, strooitjies, stokkie-lekker-stokkies en oorpluisiestokkies.

VLV Carpe Diem het die publiek versoek om deel te word van die projek en duisende doppies is reeds aan dié VLV-tak oorhandig.

“Dit neem ’n doppie ongeveer 100 jaar om te disintigreer en dan is dit nogsteeds deel van die aarde,” sê Marietjie van der Walt van VLV Carpe Diem-tak.

“Ons wil graag hê dat mense van Uitenhage en Despatch bewus moet raak van plastiek wat die omgewing se grootste besoedelings-probleem is.

“Baie dankie aan al die individue en elke skoolkind wat reeds duisende doppies ingegee het vir herwinning. Elke doppie tel!”

Koeldrankdoppies moet in 2 liter koeldrankbottels gegooi word deur ’n klein opening bo teen die bottel se rand te sny.

Vir elke 2 liter koeldrankbottel vol doppies wat by die herwinningsfabriek ingehandig word, word R1 geskenk aan ’n instansie wat omsien na vroue en kinders wat slagoffers is van seksuele misdade.

Herwonne plastiekdoppies word gebruik vir die vervaardiging van tuinmeubels, loopplanke en verskeie ander items.

  • Spesiale dank aan Brian Timm van Uitenhage en West End primêre skool vir die duisende doppies wat ingehandig is.

You need to be Logged In to leave a comment.