VLV hoor meer oor sout

IDIOME met sout as ’n vergelyking is treffend en mense besef die altyd presies wat dit beteken nie.


IDIOME met sout as ’n vergelyking is treffend en mense besef die altyd presies wat dit beteken nie.

Gesegdes soos “sout van die aarde”, “’n sak sout saam met iemand opeet” of “so seker as wat die see sout is” is in-die-kol beskrywings van menslike karakters.

Sout was eeue gelede die fondament van beskawings om kos te bewaar én dit was selfs ’n betaalmiddel. Sout bestaan uit twee van die dodelikste elemente, natrium en chloor, en is ’n lewensnoodsaaklike mineraal vir die mens se liggaamswerking.

Die VLV Despach nooi belangstellendes uit om vandag om 18:00 na ’n praatjie deur soutkenner Bennie Bekker te luister in die NGK Eendrag-kerksaal in Bothastraat.

Botha sal gesels oor “Die ongelooflike storie van sout” waarsonder niemand op aarde kan klaarkom nie. Hy het sedert 2010 reeds 81 sulke toesprake gelewer aan meer as 14 000 mense.

Koffie en tee sowel as eetgoed (én southappies) sal na afloop van Bekker se gesprek aangebied word. Elkeen teenwoordig sal ook ’n geskenkie ontvang.

  • Vir navrae bel Juby by 082 823 9972.

-HEILIE COMBRINCK

You need to be Logged In to leave a comment.