VLV Despatch hou proe-aand

DIE vroue van Despatch VLV gaan ’n proe-aand hou waar heerlike uithaler geregte voorgesit gaan word.


DIE vroue van Despatch VLV gaan ’n proe-aand hou waar heerlike uithaler geregte voorgesit gaan word.

Op die spyskaart is daar ’n verskeidenheid voorgeregte, hoofgeregte en nageregte.

Kaartjies is R25 per proe-gereg en daar gaan watertandlekker disse wees om van te kies en keur. Die proe-aand word op Donderdag, 25 Oktober gehou in NGK Eendrag se kerksaal in Botha-straat op die dorp. Kaartjieverkope sluit op Maandag, 22 Oktober.

  • Vir kaartjies of meer inligting bel Monique 083 320 2885; Suzette 083 301 7413; Juby 082 823 9972 of Adrie 076 090 5976.

You need to be Logged In to leave a comment.