OM onderwys oorsee te gee is ’n opsie wat al meer deur Suid-Afrikaners oorweeg word. VLV Despatch gaan tydens hulle volgende vergadering meer oor dié tendens hoor.
Die gasspreker, Danielle Matthews, is tans op vakansie en vat ’n ruskans in haar tuisdorp. Sy gee onderwys in die Ooste en sal tydens die vergadering gesels oor hoe dit werk en watter prosesse gevolg moet word voordat ’n mens jou tasse pak om ’n salaris oorsee te gaan verdien as onderwyser.
Die VLV Despatch vergader vandag, Donderdag, 26 Julie om 18:00 by NGK Eendrag-kerksaal (Glaskerk). Alle belangstellendes wat meer oor onderwys in die buiteland wil hoor is welkom om die vergadering by te woon.
- Vir meer inligting bel Suzette Schoeman by 083 301 7413. -HEILIE COMBRINCK