Gewoonlik hoor ’n mens van ’n groot vis wat weggekom het, maar by Vanstadensriviermond is daar nou ’n storie van ’n hengelaar wie se groot stok weg is!
Wie se visstok dit is en wat gebeur het is nog ’n raaisel.
Malan Meyer van Jeffreysbaai het verlede week gaan lyne natmaak en visvang aan die westekant van die riviermonding.
Dit is hier wat hy ’n visstok opgetel het waarvan die lyn op die katrol afgeloop het.
“Ek het so bietjie rondgevra by ander hengelaars en toe gehoor daar was mense van Uitenhage wat daar visgevang het. Glo min of meer waar ek die visstok op die strand opgetel het,” sê Meyer.
Dit was op 10 April dat Meyer visgevang het en dié verlore visstok gesien het.
- Vir meer inligting oor die verlore visstok bel Malan Meyer by 042 297 0034.