Veteraan musikante reik CDs uit

MUSIKANT Leslie Kohl van Uitenhage het onlangs sy nuwe CD be-kendgestel waarin hulde bring aan een van die dorp se gewilde langarmorkeste, Sally’s Dance Band.


MUSIKANT Leslie Kohl van Uitenhage het onlangs sy nuwe CD be-kendgestel waarin hulde bring aan een van die dorp se gewilde langarmorkeste, Sally’s Dance Band.

Heel gepas het Kohl dié CD die titel Huldeblyk gegee en hy dra dit op aan elke musikant wat oor die jare saam met hom opgetree het.

“Dit gaan ook aan huidige musi-kante soos Joey Moses, die veteraan van The Invaders, een van die gewildste groepe in die vroeë 60s. Hy vermaak nogsteeds gehore met sy briljante kitaarspel,” sê Leslie Kohl.

Hy noem ook dat langarmorkeste op Uitenhage nou stil geword het, buiten die Royal Sounds wat steeds musiek maak.

Deesdae tree Leslie saam met gospel sanggroepe en Geoff Taylor op. Taylor het ook onlangs sy nuwe CD getiteld New Season uitgereik.

Beide Taylor sowel as Kohl was op BayFM se ranglys vir opkomende sangers. Dié musikante tree graag in die gemeenskap op.

  • Vir meer inligting bel Leslie Kohl by 076 876 4328 of Geoff Taylor 072 174 1633.

You need to be Logged In to leave a comment.