Tuisversorgers wat verswaktes of bejaardes in hulle eie wonings versorg is ’n groeiende behoefte in die gemeenskap.
Om in dié behoefte te voorsien word daar 6-maande kursusse in tuisversorging aangebied op Uitenhage by Aandmymering tehuis vir ouer persone.
Susters Catrien Marais en Jackie Swanepoel is in beheer van die opleiding. ’n Groep van 30 tuisversorgers het verlede Vrydag hul sertifikate ontvang na die suksesvolle vol-tooiing van die kursus. Hulle is nou gereed om in die gemeenskap van diens te wees.
Wat is tuisversorging?
Tuisversorgers vervul ’n belangrike rol in die lewe van bejaardes wat verkies om in die veiligheid en gemak van hul eie wonings versorging te ontvang.
Hul besoeke hang af van individue se behoeftes en toestand.
Die minimum tydperk is 5 ure per dag en hul verskaf ook 24 uur versorging. Tuisversorgers help ook persone met Alzheimersiekte en demensie wat nog in hul eie woonplekke is.
- Die volgende 6-maande kursus begin op 31 Julie 2019. Vir meer inligting bel Estie by 041 992 1510.