rally bergsig leerders kariega
Richard Jansen van Rensburg, Riekus Schmidt, Leon Gerber en Marco Griesel was die manne in beheer. FOTO: VERSKAF

Die Bergsig Skool was onlangs deel van ‘n historiese geleentheid op Kariega.

Dรญs toe die dorp gasheer was vir een van die grootste tydrenbyeenkomste in ongeveer 20 jaar.

En die Algoa Rally Club se enjins het behoorlik gebrul!

Die Rally Club het diรฉ geleenheid gebruik om van die Bergsig-leerders wat onlangs met ‘n motorsport-program begin het te gebruik om te help met die voorbereidings en opruiming na die tyd.

Die leerders het saam met Marco Griesel wat ‘n onderwyser is en ook deel van die kommitee is, gehelp om roetes te merk vir die Rally en ook weer na die tyd skoon te maak.

Daar was ‘n propvol program vir beide deelnemers en toeskouers, met sowat 40 inskrywings wat gesorg het vir baie opwinding vir die toeskouers.

Na al die voorbereidings het die leerders ook die geleentheid gehad om te deel in die Rally deur self in die diensarea (pits) te help op die Liquid Molly en Bergsig VW Polo.

rally bergsig leerders kariega
Richard Jansen van Rensburg, Riekus Schmidt, Leon Gerber en Marco Griesel was die manne in beheer. FOTO: VERSKAF

Riekus Schmidt, die bestuurder en eienaar van die Polo, het dit goed gedink om Bergsig deel te maak van sy span om die leerders ‘n geleentheid te gee om ervaring op te doen in die diensarea (pits).

Griesel is gevra om die navigator te wees in die Polo en so kon die skool verder deel wees van die wonderlike geleentheid.

Die span het die Vrydag ‘n derde plek in hulle klas verower en sewende algeheel.

Saterdag nรก ‘n “control arm” gebreek het en met Bergsig in die 5de plek in hulle klas, het die span uiteindelik die 12de algeheel plek ingeneem.

Die span het die splinternuwe Polo tot sy uiterste gedruk om ‘n goeie eindresultaat te behaal.

Bergsig het sy dank uitgespreek teenoor Schmidt dat hulle deel van die opwindende geleentheid kon wees.

You need to be Logged In to leave a comment.