TWEE boogskietspanne van HTS Daniel Pienaar het aan die Wildcrete 3D boogskiet-uitdaging deelgeneem wat vanjaar by DP aangebied is.
Die Tiere se spanne (vier seuns en twee dogters per span) het meegeding teen die bestes van dié sport in die Oos-Kaap. DP se A-span het ’n goue medalje gewen in die spankompetisie. Daarby het hulle ‘n stel 3D-teikens gewen. Dié teikens ter waarde van R7 500 bestaan uit afbeeldings van ses verskillende diere. – VERSLAGGEWER