Langafstandswemmer Dieter Marais, een van HTS Daniel Pienaar se hoofleiers, het gewys ‘n Tier kan swem!
Hy het die nie-duikpakafdeling van die Jendamark Bell Buoy o.18 afdeling gewen en ’n algehele twaalfde plek behaal.
Dit is Dieter se derde Bell Buoy 5km seeswem uitdaging wat hy aangepak het.
Dieter sê dat hy nie so fiks is soos hy graag sou wou wees nie.
“Matriek vereis lang ure agter die boeke, maar die Bell Bouy bly ‘n aangename uitdaging,” sê Dieter.
Hoë deinings, sonbrand en skaafplekke in soutwater, is van die probleme wat swemmers mee rekening moet hou.
Dieter swem jaarliks die River Mile en het ook al die Midmardamresies, die Open Water Nationals en die Cold Water Classic geswem. In laasgenoemde was hy ook die nie-duikpakafdeling wenner.
Daniel Pienaar is opreg trots op hierdie langafstandswemmer en hou sy swemloopbaan met groot belangstelling dop.