Tekens van moontlike molestering

SLAGOFFERS van seksuele misdade toon dikwels anti-sosiale gedrag, sukkel om te konsentreer en het probleme met selfbeeld en selfrespek.


SLAGOFFERS van seksuele misdade toon dikwels anti-sosiale gedrag, sukkel om te konsentreer en het probleme met selfbeeld en selfrespek.

Sommige slagoffers ervaar spraakprobleme terwyl ander hulself beseer omdat hulle glo dat hulle die mishandeling verdien.

Ouers kan op die uitkyk wees vir dié bogenoemde ge-vaartekens sowel as die volgende paar gedragspatrone wat ’n aanduiding kan wees dat ’n kind by seksuele misdade betrek is:

• abnormale seksuele gedrag

• swak akademiese prestasie

• depressie

• kinders wat wegloop van die huis

• ongewone humeurigheid en aggressiewe gedrag teenoor gesinslede en vriende

• selfmoordneigings

• verhoogde aandag soek by volwassenes wat hul kan vertrou

• slaapprobleme

• onttrekking uit vriendekring of sosiale groepe

-MEDIA 24 ARGIEF

You need to be Logged In to leave a comment.