SUID-AFRIKA is vanjaar in die be-voorregte posisie om die inter- nasionale koor-olimpiade aan te bied gedurende Junie in Tswane.
Weens dié saamtrek van kore van regoor die wêreld sal die jaarlikse ATKV-Applous Gala-aand, wat die hoogtepunt is van die nasionale ATKV-Applous Koorkompetisie, nie aangebied word nie.
Die Oos-Kaap Streekrondtes van ATKV-Applous is verlede week gehou by Hoërskool Despatch en Westering High School in die Baai. In die Despatch rondte het 4 laerskool kore en 7 hoërskoolkore deelgeneem. Die prestasies het gewissel van brons tot goud.
Hoërskool Strelitzia was baie ge-lukkig om weer eens hierdie jaar Goud te verwerf met 85.5%.
Die ATKV-Applous nasionale koorkompetisie bestaan al reeds vir langer as 40 jaar.
Die aantal kore groei elke jaar en vanjaar is daar weer meer as 185 inskrywings, van oor die hele Suid- Afrika en Namibië, ontvang.