DIE ATKV-Applous nasionale koorkompetisie word vanjaar vir die 43ste keer aangebied en meer as 190 kore van oor die hele Suid-Afrika en Namibië gaan deelneem.

’n Totaal van 17 streekfeeste word gehou, waarna slegs kore wat 80%+ (goud) ontvang het, in aanmerking kom vir ‘n uitnodiging na die finaal, wat van 24 tot 27 Julie in Bloemfontein gehou word.

Nagenoeg 2 300 koorlede van ongeveer 40 laer- en hoërskoolkore sal in Bloemfontein optree by fees van Suid-Afrikaanse kore.

Die Oos-Kaap Streekrondte is op Maandag, 21 Mei in Uitenhage by Hoërskool Strelitzia en op Dinsdag, 22 Mei in die Baai by Hoërskool Westering.

Deelnemende kore aan die Uitenhage sessie (begin 13:00) is Despatch Primêre Skool (juniors + seniors), College Hill Preparatory School en Victory van Jeffreysbaai. In die afdeling vir hoërskole gaan Hoërskool Despatch, Muir College en Hoërskool Strelitzia deelneem.

Kaartjies na die streekrondte is R20/persoon en is verkrygbaar by die deure.

  • Vir enige navrae kontak Romey Aylward by 083 261 2709 of raylward@strelitziahs.co.za -VERSLAGGEWER

You need to be Logged In to leave a comment.