Snaakse krulkop kuier in die Baai

KRULKOPKOMEDIANT Schalk Bezuidenhout met sy kenmerkende truitjies en skerp tong, is ’n opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse komediekringe.


KRULKOPKOMEDIANT Schalk Bezuidenhout met sy kenmerkende truitjies en skerp tong, is ’n opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse komediekringe.

Hierdie Vrydag tree hy vir die eerste keer met sy eenmanvertoning “Voksbesit” (ja, jy het reg ge-lees) om 20:00 op by die Boardwalk se Amphitheatre in die Baai op.

Schalk gaan ook vroeër die aand om 18:00 ’n boekbekendstelling hê van sy splinternuwe boek “Truitjie roer my nie” (Queillerie), wat hy saam met sy vervaardiger en bestuurder Erns Grundling geskryf het.

Die boek gaan oor Schalk se grootwordjare, loopbaan en verskeie komedie-avonture.

Sedert hierdie boorling van Kempton Park in 2015 (en weer 2017) in Trevor Noah se voorprogram opgetree het en ‘n solo-vertoning op Comedy Central uitgesaai is, het hy vinnig ‘n huishoudelike naam ge-raak. Hy het ook reeds twee Comics Choice-toekennings en ’n gesogte SAFTA ingepalm.

Schalk is deesdae ‘n bekende ge-sig op televisie, veral in die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as anker van die satiriese nuusprogram Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout, ook op kykNET.

  • Kaartjies vir Schalk se verto-ning is R120 per persoon by Compu-ticket.

RSVP vir die boekbekendstelling by baywest@bargainbooks.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.