Skouspel van talent én stoei by Opskop

HIER kom dit nou! Die super-plaaslike skouspel waarin 15 Oos-Kaapse sangers en musikante, saam op een verhoog vir sowat drie ure, onder die sterre gaan optree.


HIER kom dit nou! Die super-plaaslike skouspel waarin 15 Oos-Kaapse sangers en musikante, saam op een verhoog vir sowat drie ure, onder die sterre gaan optree.

Daar is nog net drie weke se wag oor voor die Despatch Opskop Fees die dorp gaan tref op 28 & 29 Maart. Die fees gaan ook op ’n hoogtepunt afsluit met dié langverwagte Despatch Opskop Skouspel.

Die fees sou verlede Oktober plaasvind, maar is uitgestel nadat een van die organi-seerders en sangers, Gerrit de Jager, se babadogtertjie Leah, ernstig siek geword het en vroeër die jaar oorlede is.

“Leah was ons jongse ‘Opskop Baba’ en ons is soos een groot familie. So, ons het besluit om vir Gerrit en Lezaan te ondersteun en daarom is die fees uitgestel,” sê Chezane Steynberg, sanger en skakelpersoon van die Despatch Opskop Fees.

Stoei: teen-boelie-veldtog

De Jager is ook betrokke by die WXE Rise of Champions stoei, ’n teen-boelie-veldtog, wat met krag gaan afskop by dié fees.

In aanloop tot die fees gaan De Jager by verskeie skole gesels oor boelies.

“Despatch Opskop Fees is beslis ’n soort fees wat nog nie in die Oos-Kaap aangebied is nie. Dit is ’n groot super-plaaslike produksie waaraan daar al vir baie maande agter die skerms gewerk word,” se Chezane.

Buiten die sangers gaan daar ook klassieke motors en motorfietse wees, regstreekste uitsending van Luiser!FM, pret vir kinders, stalletjies en die stoei.

“Ons grootste doel met die fees is om ons dorp se bejaardes te help. ACVV se Huis Najaar is die begunstigde van dié fees,” sê Chezane.

Die fees word by die Despatch Rugbyklub aangebied en begin Vrydag, 29 Maart (19:00) op ’n kragtige wyse met die WXE-stoei waaraan sanger, radio-omroeper en deesdae kampvegter teen boelies, Gerrit de Jager gaan deelneem.

Saterdag, 30 Maart om 09:00 maak die hekke oop vir ’n dag van vermaak, musiek, motors en allerlei feestelikhede. Dan om 18:00, vir die eerste keer ooit op Despatch, word ’n Skou-spel gehou!

Kaartjies vir die WXE-stoei (Vrydag, 29 Maart) is R30-R50 en is beskikbaar by Westway Tickets. Kaartjies vir Saterdag se fees en Skouspel is R30/volwassene; R10/kind en kinders onder 10 jaar is gratis.

  • Vir meer inligting bel Karina by 071 323 3503 of Belinda 061 001 7128.

You need to be Logged In to leave a comment.