Buddy Bear maak weer gereed om Kerskouse, gevul met lekkergoed, uit te deel aan kinders by Pick n Pay en Spar op Despatch.
Die kousies is reeds gebrei en moet met lekkergoed volgemaak word. Hulle benodig lekkergoed skenkings om die 1000+ kousies te kan vul en ’n kinderhart te kan verbly.
Skenkings van lekkergoed kan by Despatch Eendrag Deli (by die saal) afgegee word. Om ander reëlings te tref of vir meer inligting, Kontak Dawid van der Merwe by 083 397 6002.
Lekkergoed moet asseblief in individuele papiertjies toegedraai wees sodat dit nie aan die wol vassit nie. Die laaste dag vir skenkings is 10 Desember.