Skenk bloed en red ‘drie lewens’

JY kan tot drie lewens red deur slegs een eenheid bloed te skenk!.


JY kan tot drie lewens red deur slegs een eenheid bloed te skenk!

Bloedskenk is op die lys van Pay it Forward goed-doen-dinge om die week te doen.

Pay it Forward strek oor die volgende 30 dae waarop inwoners van Despatch, Uitenhage, Addo en Kirkwood uitgedaag word om daag-liks ’n eenvoudige welwillendheidstaak uit te voer.

“Die projek gaan om ’n verskil aan ander se lewens te help maak,” sê Lizé Saunders, ’n mede-organiseerder van die Pay it Forward wat deel is van die Christusfees.

“Dit is dikwels die klein eenvoudige dingetjies, wat ons nie doen of sê nie, wat ’n groot verskil aan ’n ander mens se lewe kan maak.”

Bloedskenk – maklikste manier om lewe te red

Om bloed te skenk neem ’n uur uit jou dag en is een van die maklikste maniere om iemand se lewe te red.

Enigeen tussen die ouderdomme 16 en 65 kan bloedskenk, solank hulle aan die skenker-vereistes voldoen.

’n Mens kan elke 56 dae bloed skenk en die O-bloedgroep is die veelsydigste en is die nodigste.

Bloed kan vir ’n beperkte tyd gebêre word en daarom is gereelde skenkings noodsaaklik.

Algoa Toyota vervoer na bloedbank

Daar kan op Donderdae bloed geskenk word by die Uitenhage Bloedbank in Billsonstraat.

Algoa Toyota gaan ñ voertuig beskikbaar stel om bloedskenkers in die Despatch en Uitenhage omgewing na die UItenhage bloedbank te neem én weer terug te besorg.

Dié week se lys van goed-doen-dinge, is in vandag se uitgawe van die UD Express op bladsy 8 gepubliseer.

  • Vir meer inligting oor Pay it Forward bel Lizé Saunders by 082 788 1201, Sonja du Preez 079 337 1840 of gaan kyk op die Payitforwardchristusfees Facebook-blad vir volledige inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.