DIS tyd vir die kroning van die nuwe Mej Luister!FM.

Dit is vanjaar die 3de agtereenvolgende jaar dat Luister!FM 90.6 hierdie kompetisie aanbied.

Twaalf finaliste is gekies deur ‘n paneel van beoordelaars. Dié finaliste het oor die afgelope 2 maande verskeie werkswinkels bygewoon om hulle voor te berei vir die kroningsaand.

In dié twee maande het hulle ook insamelings gedoen vir Domestic Animal Care. Al dié items en hondekos wat ingesamel is, is op 5 Oktober aan die organisasie oorhandig.

Die Mej. Luister!FM 90.6 gala-aand word Saterdag om 18:30 by die Boardwalk International Convention Centre gehou. Die bekende sanger Monique Steyn is die gaskunstenaar en David Louw is die seremoniemeester.

  • Kaartjies is R150 per persoon en is beskikbaar by die finaliste sowel as by Westway Tickets.

You need to be Logged In to leave a comment.