DINSDAG is Erfenisdag, ’n vakansiedag, Braaidag en die CMR Uitenhage hou ’n 5km pretloop om dié dag op ’n goeie voet te begin. Die pretloop begin om 08:00 by HTS Daniel Pienaar se sportveld. Inskrywings is R10/persoon en ’n item nie-bederfbare kos. Registrasie vir deelname kan by die CMR-kantoor in Johnstraat 41 gedoen word of die oggend van die pretloop vanaf 07:00. Die publiek word uitgenooi om die pretloop saam te kom geniet. Vir meer inligting bel Yolanda Gouws by 041 922 9004.
Pretstap saam met CMR op vakansiedag
|
Share this post:

