’n PRETDAG word Sondag vanaf 09:00 tot 14:00 by die Uitenhage Diere-beskermingsvereniging gehou om fondse vir dié instansie in te samel.
Buiten stalletjies sal daar verskeie gelukkige trekkings wees, gesigverf vir die kleinspan en plaaslike sangers. Dié sangers is Elize Stoltz, Twakkies du Toit, Zenia, Chad, Shaun Baker, Leandra, Lee Saunders, Marelize Els en Annelie Bekker.
Besoekers kan ook ’n draai maak by al die honde en katte wat wag om aangeneem te word en in goeie huise die res van hul lewens deur te bring.