Pay it Forward: Week se take vir positiewe verskil

ONS het een aarde, wat doen jy om daarvoor om te gee?.


ONS het een aarde, wat doen jy om daarvoor om te gee?

Saterdag is aangewys as Pay it Forward (PiF) se uitdaging aan inwoners van Despatch, Uitenhage, Addo en Kirkwood om die omgewing waarin hulle bly skoon te maak.

“Dit is ’n eenvoudige en vinnige welwillendheidstaak. Net 10 minute se werk. Gaan tel die plastiek, papiere en ander rommel in jou omgewing op. As elkeen so ’n klein takie doen maak ons almal saam ’n groot verskil,” sê Lizé Saunders, ’n mede-organiseerder van die Pay it Forward Christusfees.

Pay it Forward strek oor die volgende 30 dae waarop inwoners uitgedaag word om daagliks ’n eenvoudige goed-doen-taak uit te voer.

“Die projek gaan om ’n verskil te help maak. Dit is dikwels die klein eenvoudige dingetjies, wat ons nie doen of sê nie, wat ’n groot verskil maak,” sê Lizé.

Verskeie skole is by die projek betrek en gaan oor die 30 dae aan van die take deelneem.

  • Vir meer inligting bel Lizé Saunders by 082 788 1201, Sonja du Preez (voorsitter) 079 337 1840 of gaan kyk op die Payitforwardchristusfees Facebook-blad vir volledige inligting.


Saterdag: Tel plastiek, blikkies en papiere op

Sondag: Neem boeke & tydskrifte vir ’n tehuis

Maandag: Bederf iemand met ’n koppie koffie/tee

Dinsdag: Glimlag vir iemand

Woensdag: Bemoedig iemand wat deur ’n moeilike tyd gaan

Donderdag: Skenk bloed en red ’n lewe

You need to be Logged In to leave a comment.