Nog net 11 goed-doen-take oor

DAAR is nog net 11 van die 30 dae se uitdagings oor in vanjaar se Pay It Forward projek waar mense versoek word om elke dag ’n eenvoudige goed-doen-taak uit te voer.


DAAR is nog net 11 van die 30 dae se uitdagings oor in vanjaar se Pay It Forward projek waar mense versoek word om elke dag ’n eenvoudige goed-doen-taak uit te voer.

Na die 30 dae Pay it Forward uitdaging, gaan die projek voort met bediening deur Oom Karolus en Lente by laerskole terwyl Onbeskaamd by hoërskole gaan optree.

Motiveringspreker Lizette Janse van Rensburg gaan ouetehuise besoek en ’n vrouetee met Wanda Bam as gasspreker word op 25 Mei, 15:00 by AGS Lighuis op Despatch gehou. Kaartjies is R100 per persoon.

Gratis gospel-aande word op Despatch (24 Mei 19:00, AGS Lighuis) sowel as op Kirkwood (23 Mei 19:00, NGK Kirkwood) gehou.

Die Pay it Forward Christusfees sluit af met ’n diens op Sondag, 26 Mei om 18:30 in NGK Uitenhage Oos deur geestelike sanger Danie Botha.

Die projek word georganiseer deur die geregistreerde nie-winsgewende organisasie Chadah Ministries International.

Die laaste 11 goed-doen-take is as volg:

Donderdag, 9 Mei: plant ’n boom en gee aan Moeder-aarde.

Vrydag, 10 Mei: gee ’n kompliment aan ’n kassiere.

Saterdag, 11 Mei: gee iets te eet aan ’n straatkind.

Sondag, 12 Mei: skenk ’n teddie of kinderkombersie wat aan kinderpasiënte van Uitenhage Provinsiale Hospitaal gegee sal word. (Afsetpunte: Despatch Superspar, Levyvale Superspar, Kirkwood Spar.)

Maandag, 13 Mei: gee ’n blom vir ’n vrou wat dit verdien.

Dinsdag, 14 Mei: deel met iemand met iets lekkers om te eet.

Woensdag, 15 Mei: moedig ’n kind aan om iets goed te doen vir iemand.

Donderdag, 16 Mei: skryf jou gunsteling Bybelvers op die Pay It Forward Facebook-blad

Vrydag, 17 Mei: Sê vir iemand dat hulle kosbaar is.

Saterdag, 18 Mei: Dink na oor die goed-doen-take wat jy verrig het.

Sondag, 19 Mei: Maak goed-doen-take deel van jou leefstyl.

  • Vir meer inligting oor die Pay it Forward inisiatief bel Lizé Saunders by 082 788 1201, Sonja du Preez (voorsitter) 079 337 1840.

You need to be Logged In to leave a comment.