DIE Nanagafees ten bate van Laerskool Nanaga word op 20 Oktober by die bekende Nanaga Padstal gehou en Elvis Blue is die gaskunstenaar.
Dit is ’n fees vir die hele familie met hope vermaak vir die kleinspan, plaaslike sangers, groot verskeidenheid stalletjies en allerlei lekker kosse en drinkgoed.
Die fees begin om 10:00 en kaartjies is R120 vir volwassenes en R60 vir kinders onder 12 jaar.
Vir meer inligting bel Yolandi Fourie by 083 438 3636 of e-pos: nanagafees@gmail.com