Loki Rothman en Laurika Rauch tree Sondag, 1 Julie by die SPAR Kirkwood Wildsfees op. Foto: VERSKAFAF


DIE Suid-Afrikaanse musieklegende Laurika Rauch is ook Sondag op die groot Adventure Province-hoofverhoog te sien by die SPAR Kirkwood Wildsfees.

Sy onthou nog haar eerste optrede in die Sondagsriviervallei toe sy saam met vriende die pad gevat het en in ’n skoolsaal opgetree het.

Sy sien uit daarna om weer dié wêreld te verken.

Wat hierdie optrede meer spesiaal gaan maak, sê sy, is dat sy saam met Loki Rothman sal optree.

Loki en Laurika het in Desember 2016 saam begin werk en is sedertdien een van die land se gewildste duo’s.

Van die ander kunstenaars wat Sondag 1 Julie saam met Laurika en Loki gaan optree, is Die Baaienaars, Blackie Swart, Adam Tas, Koos Kombuis sowel as Lollos & Lettie.

Alle optredes is ingesluit in die toegangsfooi, wat jou ook toegang gee tot meer as 350 stalletjies en ’n plek waar die kinders lekker kan speel en die fees met oorgawe kan geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.