DIE NGK Retief-gemeente op Despatch se jaarlikse kermis word eerskomende Saterdag vanaf 11:00 gehou.
In ware kermisstyl sal daar verskeie stalletjies wees met eetgoed te kies en keur, musiek deur verskeie plaaslike sangers en die Silwersnare boeremusiekorkes gaan ook optree. Vir die kleinspan is daar ‘n American Express-treintjie waarop hulle kan ry.
Laatmiddag kan die dag se rugby-wedstryde op die grootskerm gekyk word waarna daar ’n braai sal wees. Rugby: Lions vs Hurricanes 15:00; Stormers vs Sunwolves 17:05; Jaguares vs Sharks 21:35. Wêreldbeker, O.20 in Argentinië: SA vs Georgië 15:25; Frankryk vs Wallis 17:55.
- Vir meer inligting bel die kerkkantoor by 041 933 1565 of 083 412 4530.