Sy is in ’n berig in Junie vanjaar aan UD Express lesers bekendgestel as Mrs OMG, ’n aanlyn opvoeder wat uit haar pad sal gaan om leerders gereed te kry vir toetse en eksamens.
Sy het die Mrs OMG Extraordinary English Youtube-kanaal net voor die matriek-eindeksamen in 2021 begin.
Maar bedags is sy steeds bekend as juffrou Orcilla Giliomee, ’n onderwyseres in die Engels-departement van die Hoërskool Despatch.
Dit was ’n aanlyntoets waarin deelnemers in verskeie kategorieë assesseer is: kurrikulum; pedagogie en tegnologie; leerderbetrokkenheid; leeromgewing; leerassessering en data, etiek en waardes; en groei en professionele ontwikkeling.
Daar het 100 000 onderwysers uit meer as 90 lande deelgeneem. Die uitslae was op 9 November bekendgemaak.
Giliomee het nie net in die top 1 persentiel geëindig nie, maar ook onder die top 100 internasionaal. Sy beskou hierdie as ’n uitstekende leergeleentheid.
Sy beplan om nou die 130-bladsye verslag met aanbevelings vir groei aan te pak, en ses aanlyn-meestersklasse oor die volgende ses maande by te woon.
– UITGEREIK DEUR DIE HOËRSKOOL DESPATCH