=Hier is John Walton se Mej. Alumni finaliste (van links) Naomi Potgieter, Benathi Douse, Biance Whitebooi, Stephanie Marais, Chante George, Linesha Hendricks, Tanya Smith en Linshe Peters. Foto:VERSKAF


Die John Walton Sekondêre skool se 45ste Bestaansjaarfees word môre gehou.

Aksie begin reeds om 07:00 met ‘n 5km pretloop. Om 11:00 speel John Walton se eerste rugby span teen Uitenhage Hoër.

Teen 13:00 word die “Little Miss Alumni” model kompetisie gehou en dit word gevolg deur ‘n propvol middagprogram met musiek deur Patrick Tururu Lindoor, Shuling, Les, Lee-Ann en Buddy, Sippy, Courtney Courus, DJ Mano Zay en ander. Die Mej. Alumni-fees word om 16:30 gehou. Daar sal ook verskeie stalletjies wees. Vir meer inligting bel Herbert de Vos by 073 36 31586.

You need to be Logged In to leave a comment.