Monique Marais begin sangloopbaan op hoë noot

DAAR is nie veel 17-jariges wat kan spog met nommer 1-radiotreffers, twee albums, optrede saam met bekende kunstenaars en wat boonop op skool uitblink nie.


DAAR is nie veel 17-jariges wat kan spog met nommer 1-radiotreffers, twee albums, optrede saam met bekende kunstenaars en wat boonop op skool uitblink nie.

Monique Marais, ’n graad 11 leerling by Brandwag Hoërskool, se musiek is al goed be-kend, veral by LuisterFM se luisteraars.

Haar radiodebuut het gekom toe haar pa, Marius, verlede jaar een van haar liedjies aan LuisterFM gestuur het. Kort daarna het luisteraars per SMS begin stem vir “Daar is niemand soos jy” wat ’n rekord getal weke die nommer 1-posisie beklee het. Einde 2017 is Monique aangewys as die LuisterFM-luisteraarskeuse sangeres. Sy het ook die Musical School of Talent in Port Elizabeth se toekenning vir die beste opkomende kunstenaar gewen.

Vanaf Monique se twee albums “Somerdrome” en “Dis wie ek is” het drie liedjies al die nommer 1-posisie op LuisterFM se top-10 bereik. Haar nuutste liedjie, “Engel kind” is tans ook op die Oos-Kaap Goue Drome se top-10.

As voorsanger het Monique al die verhoog gedeel met sterre soos Kurt Darren, Juanita du Plessis en Wynand en Cheree. Sy was vanjaar by die KKNK te sien en in Oktober open sy vir een van haar rolmodelle, Elvis Blue, by die Nanagafees.

By Brandwag is Monique ’n goeie akademiese presteerder, betrokke by die ATKV en Brandwag FM. Sy speel ook hokkie en is pas vir die 2019-leerlingraad gekies.

You need to be Logged In to leave a comment.