=DIE jaarlikse Minquiz wiskunde en fisiese wetenskap-kompetisie is onlangs in Port Elizabeth aangebied. Dit bestaan uit skriftelike en mondeling afdelings en leerders mag nie van sakrekenaars of periodieke tabelle gebruik maak nie. Hoërskool Despatch se span van vier graad 12s het 4de geëindig in die goue afdeling. Justin Janse van Rensburg is as die beste leerder in die skriftelike afdeling aangewys. Hy is ook ingesluit in die OP-span wat op 3 en 4 Julie aan die nasionale kompetisie in Johannesburg gaan deelneem. Foto:VERSKAF


Minquiz presteerder

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article