Mini meneer SA (4) het ’n groot hart

MINI Meneer Suid-Afrika, Tiaan Trosee (4) het ’n groot hart.


MINI Meneer Suid-Afrika, Tiaan Trosee (4) het ’n groot hart.

As deel van sy verpligtinge met dié titel voor sy naam, is ’n liefdadigheidsfunksie aangebied ten bate van vroue en kinders wat slagoffers is van mishandeling.

Die funksie, getiteld Hands Up Against Abuse, is by Innibos aangebied met die Christelike Maatskaplike Raad as die begunstig-des.

’n Totaal van R2 000 is ingesamel en aan Magda von Solms van die CMR hoofkantoor in Port Elizabeth oorhandig.

Plaaslike sangers Terence Ellis, Karina Pattinson, Vernon Benecke en Wanda van Rooyen het opgetree.

Tiaan is die begin van die jaar in Pageants SA se Mr & Miss Jnr SA 2018 as Mini Mnr. SA 2018 gekroon.

Hy is by Brainy Tods op Despatch en gaan volgende jaar na Laerskool Frans Conradie se graad RR-klas.

  • Die televisiespan Kwêla is vandag op Despatch en gaan met Tiaan gesels oor sy take as Mini Meneer Suid-Afrika, kyk waar hy skoolgaan en ’n draai by sy ouerhuis in Azaleapark maak.

You need to be Logged In to leave a comment.