MINI hokkie-afrigting vir seuns en meisies tussen die ouderdomme van 6 en 13 jaar begin eersdaags op Uitenhage.

Die registrasie vir deelname is eerskom-ende Saterdag, 1 Junie tussen 09:00 en 12:00 by die Uitenhage Hokkieklub, skuins oorkant die binnehuise sportsentrum.

Peter van Biljon bied dié gewilde mini hokkie-afrigting al vir dekades aan en vanjaar sal dit elke Saterdag (09:00-11:00) vanaf 8 Junie tot 27 Julie gehou word.

Slegs 120 spelers kan deelneem en elke speler moet sy of haar eie hokkiestok bring en tekkies dra. Afrigters en balle word voorsien vir elke groep.

Inskrywingsvorms vir deelname aan die mini hokkie-afrigting is beskikbaar by Meyerstraat 4, Mosel of e-pos peter.biljon@axxess.co.za

  • Vir meer inligting bel Peter van Biljon by 083 463 7562.

You need to be Logged In to leave a comment.