Mej. matriekdans op pad na Mississippi

MEJUFFROU matriekdans 2018, Megan Mattheus, is op pad Mississippi toe! Dit is nie deel van haar pryse nie, maar die begin van haar lewensavonture na twaalf jaar op die skoolbanke.


MEJUFFROU matriekdans 2018, Megan Mattheus, is op pad Mississippi toe! Dit is nie deel van haar pryse nie, maar die begin van haar lewensavonture na twaalf jaar op die skoolbanke.

“My matriekafskeid was ’n aand vol pragtige herinneringe. Mooi rokke en glimlagte. Alles van die aand was fenominaal, die kos, die danse, die toesprake en die laaste lekker saamkuier van ons matriekgroep,” sê Megan Mattheus, wie vanjaar aan Hoërskool Brandwag gematrikuleer het.

Lyk uniek anders

Hulle matriekafskeid is by die VW PeoplePavilion gehou en Megan se metgesel was Marco Venter.

“Ek wou anders lyk en ’n rok hê wat my menswees opsom. Daarom het ek seker so 7 maande beplan om al die idees bymekaar te kry vir daardie unieke rok.

“Die kleur was iets waaroor ek nooit getwyfel het nie, dit was uniek en het my blas vel gekomplimenteer.”

Anita Seal van Port Elizabeth het Megan se rok ontwerp en dit gemaak. Haar hare is versorg deur Perfect Image van Uitenhage. Megan se grimering is gedoen deur haar ma, Alicia Louwrens, wat ’n grimeerkunstenaar sowel as fotograaf is. Haar fotos, waartydens hulle baie pret gehad het, is geneem deur Rachel Andrews.

Pryse

As wenner van die Miss Matric Dance 2018 kompetisie ontvang Megan ’n R1 000 Hannon-geskenkbewys van Despatch Klinicare-apteek en ’n fotosessie ter waarde van R950 van Creations.

Megan is ’n model van Sophisticated Models en ’n ambassadeur vir Jenni Gault juweliersware. Sy hou van die natuur en buitelewe en maak nou reg vir ’n nuwe lewensavontuur wat voorlê.

Wees jouself

“Ek reis op 4 Januarie 2019 na Amerika waar ek vir 2 jaar gaan au pair in Mississippi by ’n familie met 4 kinders. Dit is ’n kans om die wêreld te sien en ek wil ook graag daar by ’n universiteit ander tale aanleer,” sê Megan.

Haar raad aan meisies wat droom oor hulle matriekafskeid wat voorlê is, “voel mooi in jou rok, moet jou nie steur aan ander se opinies nie, wees jouself en geniet die aand. Wees spontaan en sprankelend. Moenie stres oor tyd nie, almal is altyd laat!”

Dankie aan Creations Photography en Klinicare Despatch wat die pryse van Miss Matric Dance 2018 geborg het.

You need to be Logged In to leave a comment.