18 Lede van Despatch Atletiekklub het vanjaar die Comrades Marathon, wat verlede Sondag gehou is, kafgedraf.
Dit is die meeste atlete nóg van dié klub wat aan ’n Comrades deelgeneem het.
Daar was sewe atlete wat vir die eerste keer die uitmergelende Comrades, wat vir die eerste keer in 1921 aangebied is, aangepak het. Al sewe het die sowat 87km opdraende roete voltooi en medaljes ontvang.
Eerste-keer-Comrades atlete
Dié eerste-keer-Comrades hardlopers was Mariska Olivier, Neevra Bellingan, Juanita Claassen, Evan Labuschagne, Zwelethu Moloinyane, JP Roux en Lerenzo Francis.
Back-to-back medaljes
Drie van die klub se atlete, Eugene van Rooyen, Anize Gerber en Elzabe Phillipson, het Back-to-back Comrades medaljes ontvang.
Dit beteken hulle het hulle eerste Comrades verlede jaar (2018) gedoen en hierdie jaar wéér die maraton suksesvol voltooi.
Yvette se 10de Comrades
Yvette Jonker het haar 10de Comrades in ‘n ry voltooi en so haar permanente nommer verdien.
Despatch Atletiekklub het die volgende medaljes gekry:
4 x Bill Rowan
(tussen 7 en 9 ure)
3 x Robert Mtshali (tussen 9 en 10 ure)
5 x Brons medaljes (tussen 10 en 11 ure)
6 x Vic Clapham (tussen 11 en 12 ure)
- Despatch Atle-tiekklub bedank graag hulle borge, Paul Barnes van Despatch SuperSpar en Nico Eyre van Klinicare Despatch. ’n Groot dankie ook aan die gemeenskap en vriende van Despatch Atletiekklub wat die Bingo-aand, om fondse in te samel vir die vervoer- en verblyfkostes van die atlete, so goed ondersteun het.