‘n DAG vol opwinding met informele skiet en skyfskiet word by Loerie se Blougat-skietbaan aangebied as deel van Sonheuwels-kerk in die Baai se fondsinsamelprojekte.
Geakkrediteerde skiet-instrukteurs sal op dié familie-skietdag aan diens wees. Kinders kan onder toesig van hul ouers deelneem terwyl volwassenes kan hul vernuf kan toets met hul eie vuurwapens of wapens wat beskikbaar gestel word. Die baanfooi is R50 per persoon en daar word addisioneel vir skietrondtes betaal.
Die NGK Sonheuwels familie-skietdag word op Saterdag, 4 Mei vanaf 09:00 op Loerie aangebied. Verversings sal te koop aangebied word.
Dit is noodsaaklik dat bywoning voortydig bevestig moet word. Vir bevestiging of navrae bel Frikkie Marx by 082 502 4676. – VERSLAGGEWER