BLOU BALLON se restaurantkonsep is twee jaar gelede na Despatch gebring as ’n plek waarheen mense kan ontsnap uit die malle-gejaag en gesellig kuier en lekker eet!
Na ’n onlangse meningspeiling op sosiale media oor die moontlikheid van langer han-delsure en nog meer om van te kies op die reeds veelsydige spyskaart, was dit duidelik, dié kuierplek is geliefd.
Die Blou Ballon-volk het gepraat en daar is geluister! Daarom gaan Blou Ballon nou reeds vanaf 08:30 soggens oop wees.
Ontbyt: pure plaas
Ontbyt word nou daagliks bedien met tuisgebakte brode, dikker boerewors, tuisgemaakte konfyte en ’n lekker dik speksnit. Boonop kan Blou Ballon-kliënte hul gunsteling broodjie huistoe neem.
Koffie & koek uit die boek
Blou Ballon se reeds bestaande Mastertons Koffiekroeg word uitgebrei met die lekkerste koek en tert van die dag. Innoverende fyngebak gaan ook daardie vinnige opvang koffiekuiers sommer nog lekkerder maak. Geroosterde toebroodjies kan ook met die tuisgebakte brode bestel word.
Kroegetes
Na ’n rowwe dag by die werk, kan manne en vroue nou wegglip vir ’n blaaskans en iets vanaf Blou Ballon se nuwe kroegete-spyskaart geniet. Dié etes word tot vroegaand aangebied vir diegene wat na werk gou ’n biefstuk, eier en skyfies wil geniet.
Eet soveel jy wil
In Maart is daar lekker verrassings met ’n kinkel. Blou Ballon-promosies gaan kliënte uitdaag om te eet soveel as wat hulle wil teen ’n spotgoedkoop prys.
Boetiekbier
By Blou Ballon is daar altyd iets anders. Hulle bring geselekteerde handelsmerke, wat nie maklik in die omgewing verkry word nie. Hier kan jy handelsmerke raakloop soos Mastertons koffie, Jakkalsvlei wyne, Toni Glass Company gegeurde tonic en ystee.
Die wen-boetiekbier, Robsons, (craft beer) al die pad van Ballito af, is nou by Blou Ballon be-skikbaar.
- Blou Ballon is by Bothastraat 38 op Despatch en is elke Maandag tot Saterdag vanaf 08:30 tot baie laat oop vir kuier.