Konferensie wil vroue ‘nuwe hoop’ bied

In die gebroke samelewing wat al meer van ’n mens eis, moet vroue hul plek volstaan, maar soveel vroue het seer in hul lewens en moet dapper wees ter wille van hulle gesinne.


In die gebroke samelewing wat al meer van ’n mens eis, moet vroue hul plek volstaan, maar soveel vroue het seer in hul lewens en moet dapper wees ter wille van hulle gesinne.

’n Vrouekonferensie word op Despatch aangebied om vroue weer nuwe moed en krag te gee.

“Dit is al ’n geruime tyd wat die Here met my praat oor seer en stukkende vroue. Vroue wat agter maskers skuil, vroue wat voel alles is ‘dood’ binne in hulle. Daarom wil ons met hierdie konferensie weer hoop bring vir vroue,” sê Sonja Spies, ’n organiseerder van die konferensie.

Die Talitha Cumi Vrouekonferensie word Saterdag, 5 Mei vanaf 09:00 tot 16:00 by AGS Lighuis, De Langestraat 1, op Despatch aangebied. Die gassprekers is Mariska de Bruyn en Charmaine Janse van Rensburg.

Janse van Rensburg is van Lede in Christus, Kabegapark waar sy leier is van die intersessie en profetiese bediening. Sy het ’n hart vir gebroke mense en sal gesels oor “Gekraakte Kruike – hoe die Here gekraakte kruike gebruik om Sy lig te laat deurskyn”.

De Bruyn is ’n pastoorsvrou van George en sal gesels oor stil geboorte en hoe daar aflegging in jou lewe moet plaasvind voor nuwe lewe en oorwinning intree.

Kaartjies na die vrouekonferensie is R50/persoon en sluit ’n ligte maaltyd in.

  • Vir meer inligting bel Sonja Spies by 083 658 4000 of Madelyne 082 326 2089.

You need to be Logged In to leave a comment.