November is Nasionale Gestremdheidsbewusmakingsmaand, en Just Property Uitenhage het ’n missie om die dringende behoeftes van die Uitenhage Mental Health Homes in die kollig te plaas.
Kariega het vier fasiliteite vir mense met geestesgestremdhede, waarvan Dr. Peter Else die voorsitter van hierdie nie-winsgewende organisasie is.
Ter ondersteuning van hierdie fasiliteite gaan Just Property Uitenhage hul jaarlikse ‘Colour Fun Run’ op 25 November aanbied vanaf 09:00 tot 17:00.
Alle opbrengste gaan aan die Uitenhage Mental Health Homes toegewy word.
Die dag beloof om propvol pret te wees vir die hele gesin, met ’n program van aktiwiteite vanaf 09:00 tot 14:00 en die byeenkoms sal duur solank daar voete is om die stalletjie-houers te ondersteun.
Kom ontmoet vir Max Kulati
Kariega se rolstoelgebonde liggaamsbouer en IBFF (International Fitness and Bodybuilding Federation) wêreldkampioen, Max Kulati, sal ook teenwoordig wees. Max het onlangs sy 2022-wêreldkampioentitel suksesvol in Slowenië verdedig.
Daar sal medaljes wees vir die eerste 200 wat die pretloop voltooi, en fantastiese pryse wat uitgeloot gaan word teen R20.
Toegang is ’n skenking van jou keuse, wat by die eerlikheidskas by die ingang na Johnny’s Pitstop geplaas kan word.
Alle kunstenaars word genooi om hul kreatiwiteit te wys by ’n stalletjie teen ’n fooi van R50 per stalletjie.
Kontak Teresa van Jaarsveld by 063 251 8887 om ’n stalletjie te bespreek.