BOOGSKUTS van HTS Daniel Pienaar het uitstekend gevaar tydens die Kwagga Boogskietklub Ope kompetisie.
In die afdeling vir hoërskool meisies het Janeke Grassman ‘n bronsmedalje vir 3D skiet gewen. Haar telling was 269/300.
Sy het ook ‘n bronsmedalje vir 2D (bull’s eye) met ‘n telling van 278/300 gewen.
In die afdeling vir hoërskool seuns het Ruan Strydom ‘n silwer medalje in die 2D (bull’s eye) gewen.
Hy het ook ‘n persoonlik beste van 287/300 punte aangeteken.
Zander Grassman se akkuraatheid het hom, in dieselfde afdeling as Strydom, ‘n goue medalje vir 3D skiet laat wen.
Sy telling was 282/300. In die 2D (bull’s eye) het Grassman met ‘n telling van 290/300 geskitter en is hy met ‘n goue medalje beloon.
Albei Grassman se tellings was persoonlike bestes.
Hy word met dié prestasies aangewys as die beste seunskut van die kompetisie.
Die volgende boogskietkompetisie is op 16 Februarie in Port Alfred.