KOEK OP DIE STOEP

Natuurlik is dit reg dat vanjaar se Wildsfeesgangers koers kies na Koek op die stoep om hul dors te les en hul honger met smulgebak te stil, maar daar is nog baie ander dinge wat gaan gebeur.


Natuurlik is dit reg dat vanjaar se Wildsfeesgangers koers kies na Koek op die stoep om hul dors te les en hul honger met smulgebak te stil, maar daar is nog baie ander dinge wat gaan gebeur.

Selfs Die Burger gaan ook ’n koek met ’n wildsfeestema laat bak!

En as jy nog altyd daarvan gedroom het om soos ’n wafferse Mona Lisa op ’n skildery te pryk, dan móét jy ’n draai kom maak by Koek op die stoep, want Hilde-Alet Malan, ’n plaaslike skilder van Patensie, gaan al die verrigtinge op doek vaslê.

Wie weet, dalk is jy nog gelukkig genoeg om saam met een van Koek op die stoep se bobaasbakkers geskilder te word.

Enigiets is moontlik, sê Willie Rossouw, “hoofman” van Koek op die stoep.

Op Saterdag 30 Junie kan jy uitsien na optredes van Jaco van Deventer en Menno Mostert.

En die jongspan van onder 13 kan hul lyf “Masterchef” hou by Spar se kolwyntjiekompetisie (tussen 12:00-14:00).

As bak en brou egter nie lekker in jou kraal pas nie, is daar ’n dansvertoning deur Dare to Dance (12:00-12:10 en 13:00-13:10).

Kom luister ook na Jacques Arendt se onderhoud met Johan Swart oor die ontstaan en sukses van die fees.

Op Sondag (1 Julie) kom kuier Koos Kombuis op die stoep-verhoog.

  • Kontak Willie Rossouw by 083 309 7324 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.