Kleyn ballerinas is beslis uitblinkers in 2023

Lianay en Jana Kleyn van Despatch het hierdie jaar behoorlik hulle staal as balletdansers gewys.


Lianay en Jana Kleyn van Despatch het hierdie jaar behoorlik hulle staal as balletdansers gewys.

Dié twee is leerders van die Laerskool Sonop, Jana (9) in graad 3 en Lianay (6) in graad R, maar die dansery vind plaas by die Hosking Academy of Dance onder leiding van afrigter Lisle Ferreira.

Hulle 2023 prestasies sluit in:

  • Jana is genooi deur die Royal Academy of Dance se Oos-Kaap paneel om op 1 April aan hulle beurs-kompetisie deel te neem. Sy is aangewys as die beurswenner in die Graad 1 afdeling en het ’n finansiële bydrae gewen vir haar volgende RAD Eksamen in Desember.
  • Jana en Lianay het in Junie aan die Talent Africa Provinsiale Kampioenskappe deelgeneem in Gqeberha. Albei het goud verower in die ballet/pointe afdeling vir 6 tot 8 jaar en gekwalifiseer vir hulle provinsiale kleure in uitvoerende kunste en ook om aan die Talent Africa Nasionale Kampioenskappe deel te neem.
  • Van 3 tot 8 Augustus was die fokus op die Friendly City Dance Festival. Lianay verower goud vir haar “Dolly Dance” Solo in die 5-6 jaar ballet afdeling. Jana het ook weggestap met goud vir haar “Cinderella’s Shoes” Solo in die 7 – 8 Jaar afdeling.
  • Tussen 21 en 26 Augustus neem hulle deel aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival en verower elk drie goue toekennings vir hulle solo’s en twee groepdanse. Die Le Petit Rose Groep waarin Jana en Lianay gedans het was ook gekies om aan die gala-aand van die fees deel te neem.
  • In Oktober neem Jana en Lianay deel aan die Talent Africa Nasionale Kampioenskappe in Sasolburg. Hulle stap elkeen weg met ’n silwer medalje en kwalifiseer vir hulle Suid-Afrikaanse Kleure in Uitvoerende Kunste.

Dié twee uitblinkers maak tans gereed om deel te neem aan die Stars of The Universe International Championships in Desember en Januarie.

Jana Kleyn

Jana Kleyn.

You need to be Logged In to leave a comment.