SLANGE, die donker, inspuitings, donderweer … is ’n paar “ou” bang-wees-dinge vir kinders. Nou is daar ’n nuwe bang-wees-ding en dié vrees word nomofobie genoem.
Nomofobie is die vrees om sonder jou sel-foon te wees en gevolglik nie kontak met ander te kan hê nie.
Geen wonder dan dat tieners wat nie sonder hulle selfone kan leef nie, dieselfde neig-ings toon as mense met ’n dwelm- of afhanklikheidsprobleem.
Dit is aldus navorsing deur die jeugnavors-ings-eenheid van die buro van marknavors-ing binne die departement van ekonomiese- en bestuurswetenskappe aan Unisa, wat bepaal het dat oormatige selfoongebruik deur tieners tussen die ouderdomme 12 en 18 jaar ’n sosiale probleem is.
Prof. Deon Tustin het in dié navorsing bepaal dat oormatige selfoongebruik by tieners, het ’n emosionele impak op hulle psige en veroorsaak onder meer, “konflik met vriende, sosiale isolasie, slaapversteuning, spyt dat teksboodskappe gestuur is en blootstelling aan pornografie.”
Weet wat is selfoon-gevare
’n Seminaar oor die gevare van selfone by kinders word eersdaags deur Laerskole Frans Conradie en Susannah Fourie op Despatch aangebied, as ’n Gesamentlike Dorpsaksie met die welbekende motiveringspreker en outeur dr. Johan Smith as spreker.
Dr. Smith gaan praat oor die gevare van selfone, sosiale media, waardes en die invloed daarvan op kinders en ouers.
“Ouers is onbewus wat op hulle kinders se selfone aangaan. Kinders word daagliks aan ’n magdom inligting blootgestel en pornografie is deel daarvan,” het dr. Smith tydens ’n vorige seminaar gesê.
Suid-Afrikaanse kinders word gemiddeld op die ouderdom van 11 op selfone blootge-stel aan erge pornografie. Ander selfoon- gevare in skole is kuberboelies en seksboodskappe.
Dr. Smith sê ouers moet bewus wees van selfoongevare en ’n goeie voorbeeld vir hulle kinders stel. Om jouself op sosiale media reg uit te leef verg ’n gesonde verstand en basiese begrip oor wat reg en verkeerd is.
Emma Sadleir, regskenner oor sosiale media, het gesê die belangrikste om te onthou is dat jy nooit dit wat geplaas is weer heeltemal kan uitwis nie.
So, kinders moet dink wat hulle op hul selfone deel, “As jou ma nie daarvan hou nie, moet dit nie doen nie en moet dit nie plaas nie.”
- Die seminaar word op 25 September om 18:30 in die Ernst Swanepoelsaal op Despatch aangebied. Toegang is gratis en ouers en hulle kinders word uitgenooi om dit by te woon.