AGTTIEN jong bofbalspelers van Laerskool Innes het vanjaar vir die Mandelabaai-bofbalspan uitgedraf tydens die nasionale toernooi wat by Londtpark in die Baai gehou is.
’n Totaal van sowat 1 000 bofbal-spelers van regoor Suid-Afrika het deelgeneem.
Vir sommige van die Innes-spelers was dit hulle eerste bofbalwedstryde wat hulle in hul onderskeie ouderdomsgroepe gespeel het. Een van die spelers, Rezanio Petrus, is vir die SA o.12 span gekies.
Petrus se spel het toeskouers gelok en vandaar het hy die toernooi-bynaam gekry van “Pocket Rocket”.
Die afrigter van die Mandelabaai-bofbalspan, Daniel Coetzer, is ’n oud-SA bofbalspeler en was in sy laerskooljare in Laerskool Innes op skool.