HTS Daniel Pienaar, die oudste (124 jaar) én een van die bekendste tegniese skole in die onderwyslandskap van Suid-Afrika, hou eers-komende naweek reünie.
As deel van die Tiere se saamtrek sal die klas van 1969 hulle 50-jaar reünie hou met Ernest Dyer alias “Paai” aan die organiseer van sake. Hy is ook die stigter van die DP Old Boys Union.
Volgens Dyer het die DP-klas van ‘69 uit 24 leerlinge bestaan. Vier van dié oud-Tiere is oorlede en Nico Schoeman en Johannes Janssen van Rensburg alias “Goggles” kan nie opgespoor word nie.
50-Jaar reünie kuieraand
Vir môre word alle oud-Tiere genooi na ’n stigtersdagbyeenkoms die oggend en ’n manne-kuier en steakbraai die aand by die skoolsaal. Terrence Ellis is die gaskunstenaar en kaartjies is R150/persoon.
Saterdag, word rugbywedstryde teen Hoërskool Framesby gespeel waarna ’n braai vir alle oud-Tiere by die Tiere Klubhuis gehou word.
Die 50-jaar reüniegroep het Saterdagaand hulle eie aansitete (R120/person) by die Uitenhage Gholfklub. Pierre van der Westhuizen is die gaskunstenaar. Die jaargroepe wat tussen 1947 en 1954 by DP gematrikuleer het word ook uitgenooi na dié geselligheid.
Sondag, 14 April word ’n spesiale diens gehou deur ds. Fanie Groenewald, wat ook in die klas van ‘69 was.
Verblyf sal in die koshuise beskikbaar wees teen R80/persoon (bed & ontbyt).
- Vir inligting oor die 50-jaar reünie bel Ernest Dyer 083 468 0932; vir inligting oor die algemene DP reünie bel 041 922 9990.