Hotnite tyd by Jubilee-skool

JUBILEE Park Primêr se gewilde Hotnite is een van die skool se jarelange tradisies en word vanjaar op Vrydag, 1 Maart gehou.


JUBILEE Park Primêr se gewilde Hotnite is een van die skool se jarelange tradisies en word vanjaar op Vrydag, 1 Maart gehou.

Allerlei tradisionele disse word by stalletjies voorgesit waar ouers, vriende van die skool, leerlinge en besoekers kan kies en keur wat hulle wil koop. Van die gewilde eetgoed wat beskikbaar sal wees sluit in samoosas, pasteie, worsrolletjies, verskillende burgers, koeke en ’n verskeidenheid soetgoed.

Die verkope duur die hele dag en daar sal lekker lewendige dansmusiek gespeel word om by te dra tot die karnaval-atmosfeer.

  • Die Hotnite word vanaf 10:00 tot 18:00 aangebied. Vir meer inligting bel die skool by 041 988 3131.

You need to be Logged In to leave a comment.