DESPATCH se jaarlikse Winterfees word Saterdag deur NGK Dagbreek by die sportterrein van Laerskool Frans Conradie aangebied.
’n Pretloop begin om 08:00 en deelnemers is welkom om hulle honde, aan leibande, saam te bring om die vroegdagstap te geniet. Almal wat die roete voltooi sal medaljes ontvang en daar is gelukkige trekkings om 10:00.
Inskrywings is R20 per persoon, R5 per hond en R40 vir ’n gesin van 4 mense.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by Despatch Superspar, Despatch Spinning Gym of by die kerkkantoor. Inskrywings kan ook Saterdag vanaf 07:00 by die sportterrein gedoen word. Die pretloop word geborg deur Klinicare Despatch, Panarottis, Despatch Superspar en Manor Heights Kafee.
’n Verskeidenheid verversings soos jaffels, pannekoek, pizza en worsrolle sal by die terrein te koop wees.
- Vir meer inligting bel ds. Chris van der Westhuizen by 041 933 4573 of Valerie Veldtman 041 933 1700. – HEILIE COMBRINCK