DIE jaarlikse atletiekbyeenkoms waar vier skole van Uitenhage kragte meet word môre Vrydag, 25 Januarie, by die Derrick Ferreira-sportveld in Rosedale gehou.
Atlete van McCarthy Meerstromige Skool, Uitenhage Hoërskool, John Walton Sekondêre Skool en Gamblestraat Sekondêre Skool sal teen mekaar kragte meet.
Die eerste skoot klap om 08:00 wanneer atlete in die 100m naellope mekaar die stryd gaan aansê om te kyk wie is eerste oor die wenstreep.
Streng sekuriteit sal teenwoordig wees en ongewenste items sal gekonfiskeer word.
Ouers en die publiek word uitgenooi om die atletiekdag by te woon. Toegang is R5 per persoon. Daar sal verversings te koop aangebied word. Vir meer inligting bel McCarthy skool by 041 988 5201.