Help vul Sonop leerderraad se omgee-kis

LAERSKOOL Sonop glo in karakterbou en die kweek van leerders wat hul plek met waardigheid, respek en verantwoordelikheid in die samelewing kan volstaan.


LAERSKOOL Sonop glo in karakterbou en die kweek van leerders wat hul plek met waardigheid, respek en verantwoordelikheid in die samelewing kan volstaan.

Daarom het die leerderraad van 2019 die inisiatief geneem om hul jaar van leierskap aan te pak onder die tema “Omgee”.

Die 30 dae Pay It Forward-projek wat onlangs op Despatch, Uitenhage en Kirkwood aangebied is, waartydens die gemeenskap uitgedaag is om ‘n goeie daad elke dag te doen, het die leerderraad net nog meer geïnspireer.

“Ons weet dat dit beter en lekkerder is om te gee as om te ontvang.

“En dat daar ’n verantwoordelikheid op ons elkeen is om te dien en om te gee,” sê skoolhoof Marius Kleyn.

“Ons wil graag help om verligting te bring en bystand te verleen waar dit broodnodig is.

“Daarom nooi ons die gemeenskap uit om saam met ons hul harte en kaste oop te maak en te help om so bietjie warmte en omgee te saai.”

Die publiek word versoek om goeie gebruikte klere of items wat nie meer gebruik word nie en dalk vir iemand anders van nut kan wees aan die leerderraad se omgee-projek te skenk.

Enige items is welkom, maar hul soek veral ou klere, komberse, serpe, musse, nie-bederfbare kosse sowel as honde- en katkos.

  • Items kan by Sonop se ontvangs afgelewer word tot en met 7 Junie. Vir meer inligting bel Natalie of Vicki by 041 933 1585.

You need to be Logged In to leave a comment.