Heel eerste ‘Top 20’-toer is op pad

HIERDIE jaar merk die afskop van die heel eerste Top 20-toer wat binnekort ook ’n draai in Nelson Mandelabaai sal maak.


HIERDIE jaar merk die afskop van die heel eerste Top 20-toer wat binnekort ook ’n draai in Nelson Mandelabaai sal maak.

Top 20 is een van die top televisie-programme op kykNET NOU! met Willem Botha as aanbieder en kuier elke Vrydagaand om 20:00 saam met die gehoor.

Willem gaan die pad vat saam met Franja du Plessis en gehore vermaak met gatskop vertonings van gunsteling treffers.

Die twee is in aksie vanaf Centurion tot in George tussen 23 Februarie tot 6 Maart met 11 konserte en meer as 20 skool-besoeke.

Hulle sal op 1 Maart om 20:00 by The Barn in Port Elizabeth te sien wees. Kaartjies is R70 per persoon en is by 071 320 1504 beskikbaar.

Twee dae later, op 3 Maart, sal hulle op die verhoog by The Bay Pasta Co in Jeffreysbaai om 16:00 verskyn. Kaartjies teen R120 is van 042 293 3564 beskikbaar.

  • Vir meer inligting rondom die toerdatums besoek www.top20toer.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.